Tien van die liggame is reeds Maandag per helikopter na die hoofstad Katmandoe geneem. Die oorblywende 12 liggame kon egter nog nie bereik word nie weens gure weer wat in dié stadium die herwinningsoperasie belemmer.
Sommige van die slagoffers was gesinslede – ouers en kinders – wat saam opreis was.
Die passasiersvliegtuig van die Nepalese lugdiens Tara Air het Sondagoggendkontak met lugverkeerbeheer verloor kort nadat dit in die westelike dorp Pokhara opgestyg het. Die vliegtuig was op pad na die gewilde toeristedorp Jomsom. Vlugte tussen die twee gebiede duur gewoonlik net 20 minute.
Sowat 60 mense, onder wie lede van die weermag, polisie, reddingswerkers, berggidse en plaaslike inwoners, het sedert Sondag na die vliegtuig help soekvoor daar Maandag op wrakstukke afgekom is. Dit het besaai oor ʼn berghang gelêen die vliegtuig se registrasienommer, 9N-AET, kon duidelik op ʼn stuk vlerkgesien word.
Die oorsaak van die ongeluk moet nog bevestig word, maar Dev Raj Subedi, woordvoerder van die Pokhara-lughawe, het Maandag gesê die vliegtuig het nie indie lug aan die brand geslaan nie.
Gesinne uitgewis
Vier Indiërs en twee Duitsers was aan boord die vliegtuig ten tyde van die ongeluk. Van die ander passasiers sluit 16 landsburgers van Nepal in, onder wieʼn ingenieur, sy vrou en hul twee dogters wat pas van die VSA terug gekeer het.
Die vier Indiërs was ʼn geskeide paartjie en hul dogter en seun, onderskeidelik 15 en 22 jaar oud, op ʼn gesinsvakansie.
“Daar was ’n hofbevel wat die pa beveel om elke jaar vir 10 dae tyd saam metdie gesin deur te bring, so hulle was op vakansie,” het die Indiese polisiebeampte Uttam Sonawane aan AFP gesê.
Tara Air is ʼn filiaal van Yeti Airlines, ʼn binnelandse lugdiens in private besit wat baie afgeleë bestemmings in Nepal bedien.
In 2016 is 23 lewens op dieselfde roete geëis toe ʼn vliegtuig teen ʼnberghang vasgevlieg het.
Dankie vir die artiekil Maroela Media
Contribute to your future, a Non Profit Organization and buy us a Coffee with 3 simple clicks and a minute of your time. Imagine what we can do together.
To thank you, we will call you personally.
This is the amount that will be distributed amongst the current shareholders.
Current Share Holders
89/500,000