The Greatest Leader Ever – Mr. Donald J. Trump

Natural Disasters

Environment

Phycological

Finance

Business & Lifestyle

Videos

Style & Fashion

Environment

Religion

Health & Education

Environment

Criminal & Law

History

Travel & Tourism

Entertainment

Breaking News

Food

National

International

Sports

Science & Technology

Polotics

"Secret Military Operations"

May 31, 2022 2:52 PM

Al meer kapings op Gautengse roetes

Kapt.Solomon Sibiya, polisie woordvoerder, sê die kapers doen hulself ook dikwels as polisiebeamptes voor.

Sibiya het Maandag aan Maroela Media gesê die boewe werk in groepe van tot vyf mans en een vrou. Hulle maak hoofsaaklik van ʼn Toyota Hilux-dubbelkajuit bakkie of ʼn Volkswagen Polo gebruik om die kapings mee uit te voer, en sal waarskynlik in polisie-uniform geklee wees. Hulle het ook ʼn blou lig op die dakke van dié voertuie.

Sibiya se waarskuwing volg kort nadat brig. Michelle Jones, bevelvoerder van die Randburg-polisiestasie, ook ’n kennisgewing oor die kommerwekkende toename inkapings en ontvoerings in die noordelike gebiede van Johannesburg uitgereik het – spesifiek by op- en afritte by Malibongwe weg en die N1, asook op William Nicol rylaan. Dit sluit die gedeelte op die N1-Noord en -Suid tussen Malibongwe weg en William Nico lrylaan in.

Volgens Sibiya sluit kapings brandpunte die volgende aansluitings en paaie in:

  • Blybank- en Randfontein weg in Carletonville
  • Hoek van die N12 en R500 in Fochville
  • R559, R28 en N14 in Randfontein
  • R28 en N12 in Bekkersdal.

Sibiya doen ’n beroep op motoriste om nie vir duimryers stil te hou nie – selfs al is dit ’n vrou met ’n huilende baba wat desperaat voorkom. Motoriste moet eerder die polisie kontak.

“Moenie stilhou indien jy vermoed ’n bedrieglike polisiebeampte probeer jou voorkeer nie. Ry tot by die naaste polisiestasie, winkelsentrum of ander besige gebied. Moenie na jou huis toe ry nie.

“Moet ook nie by ’n afgeleë plek stilhou nie om op jou foon te praat of langs die pad te urineer nie.”

Sibiya maan motoriste verder om hul vensters ten alle tye toe te hou en nie stil te hou indien iemand hulle van die pad probeer dwing nie.

“Druk die toeter van die motor om heeltyd meer aandag te trek.”

Wahl Bartmann, Fidelity se uitvoerende hoof, het Maandag opnuut bevestig dat diefstal uit motorvoertuie en die steel van onderdele ook kommerwekkend is.

“Wanneer jy by ʼn winkelsentrum is of êrens heen gaan, probeer om jou voertuig binne te parkeer. Indien jy nie kan nie, maak seker dat jy geen waardevolle items in die voertuig laat nie. Hou dit liewer in die kattebak.

“Maak seker jou voertuig is ten alle tye gesluit.”

Bartmann sê voorts die toenemende gebruik van ʼn afstandbeheertoestel om die sluitmeganisme van motorvoertuie te versper (“jam”), het ʼn alledaagse verskynsel geword.

Hy moedig motoriste aan om seker te maak hul deure is gesluit voordat hulle wegstap.

“As jy snags buite is, parkeer altyd jou motor in ʼn sigbare, goed beligte gebied waardaar ʼn veiligheidsdiens is.”

Dankie vir die artikel Maroela Media

Fighter Jet Taking Off From Aircraft Carrier
Criminal Underworld
May 31, 2022

Recent Articles