The Greatest Leader Ever – Mr. Donald J. Trump

Natural Disasters

Environment

Phycological

Finance

Business & Lifestyle

Videos

Style & Fashion

Environment

Religion

Health & Education

Environment

Criminal & Law

History

Travel & Tourism

Entertainment

Breaking News

Food

National

International

Sports

Science & Technology

Polotics

"Secret Military Operations"

May 31, 2022 4:32 PM

Bende vas wat hul as polisiebeamptes voordoen

Die vyf mans is Sondag in Lanseria in hegtenis geneem nadat ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en polisie-uniforms in hul besit gevind is, het lt.kol.Mavela Masondo, polisie woordvoerder, gesê.

“Die verdagtes, tussen 26 en 36 jaar oud, word verbind met verskeie sake waar slagoffers beroof en gekaap is deur mense wat polisie-uniforms dra.”

Volgens Masondo het lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid inligting opgevolg oor die verdagtes wat by ’n vulstasie wag om motoriste teberoof en te kaap.

’n Span bestaande uit lede van die SAPD se taktiese reaksiespan, Gautengse misdaadintelligensie, die Wes-Randse blitspatrollie en veiligheidsmaatskappye het saamgewerk om die verdagtes aan te keer.

“Die span het ’n blou Mazda gewaar wat ooreengestem het met die beskrywing van die verdagtes se voertuig en die motor tot by ’n vulstasie in Lanseria agtervolg. Toe die polisie die vyf insittendes en die motor deursoek het, is twee ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en polisie-uniforms gevind.”

Die verdagtes is in hegtenis geneem en sal aangekla word van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, voordoening as polisiebeamptes en sameswering om ’n misdaad te pleeg.

Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Randburg-landdros hof verskyn.

Dankie vir die artikel Maroela Media

Fighter Jet Taking Off From Aircraft Carrier
Criminal Underworld
May 31, 2022

Recent Articles