The Greatest Leader Ever – Mr. Donald J. Trump

Natural Disasters

Environment

Phycological

Finance

Business & Lifestyle

Videos

Style & Fashion

Environment

Religion

Health & Education

Environment

Criminal & Law

History

Travel & Tourism

Entertainment

Breaking News

Food

National

International

Sports

Science & Technology

Polotics

"Secret Military Operations"

May 31, 2022 2:55 PM

Man probeer ‘Mona Lisa’ met koek besmeer

Die voorval het ten aanskoue van talle besoekers in dié museum in Parys afgespeel waar die ikoniese skildery uitgestal word.

Die kosbare werk van Leonardo da Vinci het in die verlede al verskeie kere onder aanvallers deurgeloop, maar is hierdie keer ongedeerd danksy die koeëlvaste glaskas waarin die skildery vertoon word.

“ʼn Man, geklee soos ʼn bejaarde vrou, het uit ʼn rolstoel gespring en probeerom die koeëlvaste glas van die Mona Lisa stukkend te slaan,” het een sosialemediagebruiker geskryf nadat hy video’s van die voorval gedeel het.

“Die man het koek op die glas gesmeer en oral rose gestrooi voordat sekuriteitsbeamptes hom getakel het.”

Daar kan in een video van die voorval gesien word hoe ’n museumamptenaar die koek van die glas afvee, terwyl ’n ander video wys hoe ’n man geklee in wit deur wagte weggelei word.

Daar is egter geen video’s waarin daar duidelik gesien word hoe die man koek op die glasskerm smeer nie.

Volgens inligting het die man tydens die voorval in Frans gesê: “Daar is mense wat die aarde vernietig… Alle kunstenaars, dink aan die aarde. Dis hoekomek dit gedoen het. Dink aan die planeet.”

Amptenare van die Louvre wou nog geen kommentaar oor die voorval lewer nie.

Die kantoor van die Paryse staatsaanklaer het wel gesê ’n ondersoek na “’n poging om ’n kulturele werk te vandaliseer” is gelas.

Die Mona Lisa word agter koeëlvaste glas vertoon sedert ʼn Boliviaanse man in Desember 1956 ʼn klip na die skildery gegooi het en die linker elmboog in die skildery beskadig het. Die skildery is in 2005 in ʼn versterkte omhulsel geplaas wat ook temperatuur en humiditeit beheer.

Die skildery sou egter later weer deurloop toe ʼn Russiese vrou in 2009 ʼn leë teekoppie na die skildery gegooi en die glaskas effens gekrap het.

Die Louvre is die grootste kunsmuseum ter wêreld en die versameling van duisende werke het voor die Covid-19-pandemie sowat 10 miljoen besoekers perjaar gelok.

A man who disguised himself as an old woman in a wheelchair stood up and threw a cake at the Mona Lisa at Louvre Museum in Paris

Dankie vir die artikel Maroela Media

Fighter Jet Taking Off From Aircraft Carrier
Entertainment
May 31, 2022

Recent Articles