The Greatest Leader Ever – Mr. Donald J. Trump

Natural Disasters

Environment

Phycological

Finance

Business & Lifestyle

Videos

Style & Fashion

Environment

Religion

Health & Education

Environment

Criminal & Law

History

Travel & Tourism

Entertainment

Breaking News

Food

National

International

Sports

Science & Technology

Polotics

"Secret Military Operations"

June 1, 2022 3:41 PM

Chemiesebesoedeling in die noorde van Pretoria word ondersoek

Freddie Pienaar, DA-wyk raadslid, saam met burgemeesterskomitee lid Rina Marx van die Gesondheidsdepartementen amptenare van Omgewingsake rakende chemiese besoedeling in die omgewing. Foto: verskaf.

Klagtes van inwoners oor chemiese besoedeling in die noorde van Pretoria word ondersoek.

Freddie Pienaar, DA-raadslid van wyk 87sêEersterust, Jan Niemandpark, East Lynne, Ekklesia, Derdepoort, Montanapark en Kameeldrift word deur dié besoedeling geaffekteer

“Verskeie rolspelers en amptenare van relevante departemente het die afgelope week ontmoet om die probleem te bespreek, waarna terugvoer aan die gemeenskap Donderdag gegee sal word. Gemeenskapslede word genooi om 18:00 by Hoërskool Transvalia te vergader as hulle meer oor die aangeleentheid te wete wil kom,”sê Pienaar.

“Dit blyk dat die bron van die besoedeling in East Lynne geleë is, meer spesifiek die stormwater kanaal onder Lanham straat.

“Aanvanklik het inwoners gekla oor ’n vreemde reuk in die omgewing, wat ruik soos elektriese omhulsel wat brand.”

Die besoedelde kanaal water wat in die Moretele spruit inloop. Foto: verskaf.

Pienaar vertel dat inwoners aanvanklik gedink het inwoners van informele nedersettings vullis agter die bus depot verbrand.

“Ek het saam met lede van die polisie en brandweer ondersoek ingestel, en alle vure in die omgewing wat plastiek bevat het, is terstond geblus.

“Die reuk het egter in die lug bly hang, en amptenare van die Gesondheid- en Omgewingsdepartement is ontbied om ondersoek in testel.”

Volgens Pienaar is lug kwaliteitstoetse gedoen, en daar is bevind dat die oorsprong van die vreemde reuk in die water afkomstig is.

“Ons het die veld in die area gefynkam saam met inwoners en GPF-lede, en ’n stroom gevind wat ’n olierige stof bevat.

“Ons het geloop en watermonsters neem vanaf Transnet tot waar die stroom uitmond in die Moretele-spruit tussen Eersterust en East Lynne. Die rivier was skoon tot by Stormvoëlweg, waar ons toe die bron van die besoedeling in ’n sytakgevind het.”

Wyk 87 bevat sowat 500km-grondpaaie wat tans geskraap en opgevul word. Foto: verskaf.

Die watermonsters word op die oomblik getoets, sê Pienaar, en dit is in hierdie stadium nog nie seker hoe die stof in die water beland het, of wie daarvoor verantwoordelik is nie.

“Omdat dit ’n chemiese stof is, verdamp dit wanneerdit die stormwater kanale bereik, aangesien die stormwater kanale warm gebak word deur die son. Dit bemoeilik die ondersoek ietwat.

“Al waarvan ons op die oomblik seker is, is dat dit wel ’n petroleum produk is, wat moontlik met nog ’n stof vermeng is. Ons behoort Donderdag meer te weet wannneer ons die gemeenskap ontmoet om terugvoer te gee.”

Fighter Jet Taking Off From Aircraft Carrier

Ander kwessies in wyk 87, wat bestaan uit Ekklesia, East Lynne Noordoos, Derdepoort, Montanapark, Kameeldrift, Roodeplaat, Leeufontein, Zeekoegat en Rynoue, is die sowat 500km-grondpaaie in die area wat in stand gehou moet word.

Die besoedelde kanaal water wat in die Moretele spruit in loop. Foto: verskaf.

“Ons is ook nou besig om weer die paaie te skraap en op te vul, nou dat die slaggate, straatligte en waterlekke in die area onder beheer is.

“Dan is die ander kwessie wat my aandag tans geniet, die informele nedersettings op Magaliesberg by Leeuwfontein. Ons is tans besig met die proses om die mense geskuif te kry na ’n ontwikkeling in Kameeldrift.”

Dankie vir die artikel REKORD

Environment 
June 1, 2022

Recent Articles