The Greatest Leader Ever – Mr. Donald J. Trump

Natural Disasters

Environment

Phycological

Finance

Business & Lifestyle

Videos

Style & Fashion

Environment

Religion

Health & Education

Environment

Criminal & Law

History

Travel & Tourism

Entertainment

Breaking News

Food

National

International

Sports

Science & Technology

Polotics

"Secret Military Operations"

May 31, 2022 2:54 PM

Ouers, leerders dam skeidsregter ná rugbywedstryd by

ʼn Skeidsregter van die Griekwaland-Wes-skeidsregtersvereniging het ook deurgeloop toe hy dié onderwyser – wat die skeidsregter vir die wedstryd was –te hulp gesnel het.

Die voorval het ná afloop van ʼn rugbywedstryd tussen Hoërskool Daniëlskuil en Hoërskool Kathu plaasgevind. Die geveg is boonop op video vasgevang en sedertdien wyd op sosiale media gedeel.

Sydney Stander, woordvoerder van die Noord-Kaapse onderwysdepartement, het aan Maroela Media bevestig dat Christo Kemp ʼn onderwyser by Hoërskool Daniëlskuil is en deur die skeidsregtersvereniging aangestel is om die betrokke wedstryd te hanteer. Die wedstryd het as deel van die departement se skolesport kalender plaasgevind.

Luidens ʼn voorlopige verslag was daar glo baie ontevredenheid oor hoe Kempdie wedstryd hanteer het.

“Ná afloop van die wedstryd het ʼn ouer hom [Kemp] gejaag en aan die hoofkant van die veld ingehaal. Die hulpafrigter het Kemp eerste geslaan.”

Twee ouers het daarna ook by die aanranding betrokke geraak, asook twee o.15-spelers wat die onderwyser geskop het terwyl hy lê. Na verneem word, is die ouers, leerders en hulpafrigter glo almal van Hoërskool Daniëlskuil.

Fires van Vuuren, ʼn skeidsregter van die Griekwaland-skeidsregtersvereniging, is beseer toe hy Kemp te hulp probeer snel het. Van Vuuren sou later ʼn ander wedstryd hanteer.

Volgens Stander is die skolerugby by Griekwaland-Wes se Hoërskolerugbyvereniging geaffilieer, en wag dié vereniging nou op die nodige verslae waarna “alle skuldiges dissiplinêr deur die Griekwaland-Wes-Rugbyunie verhoor sal word”.

“Alle tuiswedstryde vir die skool word voorlopig opgeskort tot die proses afgehandel is.

“Skole is verantwoordelik om die veiligheid van skeidsregters te verseker en die veld moet afgesper word sodat geen toeskouer nader as 5 m aan die veld mag wees nie. Die skool het hier sy plig versuim.”

Linda Holm, skoolhoof van Hoërskool Kathu, sê verskeie spelers van dié skoolse eerste rugbyspan het Kemp te hulp gesnel toe hulle sien wat gebeur.

“Ek is werklik trots op die sportmanskap en integriteit van dié spelers tydens die voorval.”

Holm sê dié spelers word Dinsdagmiddag met ’n spesiale geleentheid by die skool vereer.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer.”

Maroela Media het Hoërskool Daniëlskuil Maandag om kommentaar genader, maar die skoolhoof was volgens haar kantoorpersoneel in ʼn vergadering en kon nie dadelik met Maroela Media praat nie.

‘Bom wat gewag het om te bars’

Marlyn Ingram-Ferreira, woordvoerder by Skolerugby Suid-Afrika, het die voorval ten sterkste veroordeel en dié gedrag as “onaanvaarbaar” bestempel.

Sy sê voorvalle waar ouers of toeskouers van die kantlyn af skree of moles maak, neem al hoe meer by skole toe.

“Dit was ʼn bom wat gewag het om te bars.

“Ek kry elke week klagtes van ouers dat toeskouers of ander ouers hulle by skolerugbywedstryde wangedra. Dit is ʼn groot probleem. Daar was nog altyd die soort ouer wat nie weet hoe om hom of haar te gedra nie, maar dis nou baie erger.”

Ingram-Ferreira sê dit is wel só dat sommige skeidsregters bevooroordeeld is en onregverdig blaas. Ander skeidsregters is weer nie op die regte standaard om wedstryde behoorlik te hanteer nie, wat verdere frustrasie veroorsaak.

“Geweld is egter nie die manier hoe dit opgelos moet word nie. Geskille moet steeds op opbouende wyses opgelos word.

“Toeskouers het ook nie meer begrip vir skeidsregters nie. Hulle kan nie gelyktydig oral wees nie.”

Ingram-Ferreira sê afrigters wat gefrustreerd raak en van die kantlyn af op spelers skree, is ook ʼn probleem.

“Frustrasies en emosies kook dan oor, en dan gebeur wat Saterdag gebeur het.”

Volgens Ingram-Ferreira moet daar beter opleiding vir skeidsregters in skolerugby wees, maar toeskouers moet ook beter dissipline begin handhaaf. Sy sê hoewel die vyf-meter-reël help, sal dit toeskouers nie noodwendig verhoed om moeilikheid te maak nie.

Sy sê die voorval het ʼn negatiewe uitwerking op skolerugby in geheel, en dat voorvalle soos dié uiteindelik die integriteit van die sport op skoolvlak benadeel.

Dankie vir die artikel Maroela Media

Fighter Jet Taking Off From Aircraft Carrier
National
May 31, 2022

Recent Articles