Die DA waarsku dit gaan voedselpryse selfs verder opjaag en ʼn verwoestende slag wees vir miljoene arm huishoudings wat reeds sukkel om kos op die tafel te sit.
DA-leier John Steenhuisen sê indien die styging nie gestuit word nie, gaan miljoene meer mense in armoede gedompel word, sakeondernemings kan gedwing word om hul deure te sluit en massabetogings kan op hande wees.
Die Reserwebank het die afgelope week in ʼn verslag oor die land se finansiële stabiliteit ook hieroor gewaarsku. “Die voortsetting van stadige en ongelyke ekonomiese groei, tesame met die disproporsioneel groter uitwerking van stygende voedsel- en vervoerkoste op laer inkomsteverdieners – wat gewoonlik tussen 40% en 45% van hul inkomste hieraan bestee – verhoog die moontlikheid van verdere voorvalle van maatskaplike oproer,” lui die verslag.
Die tydsberekening van die styging kan ook nie op ʼn slegter tyd kom nie. Suid-Afrikaners steier reeds onder ʼn werkloosheids koers van 46%, voortslepende beurtkrag, irrasionele Covid-19-regulasies, oorstromings, droogte en dienslewering wat al hoe meer in duie stort.
Pak hierop die uitwerking van wêreldwye inflasie, ontwrigtings aan die verskaffingskettings en verbodsbepalings op uitvoere vanuit Rusland weens sy inval van Oekraïne.
“Dit is duidelik ons is op pad na die perfekte storm,” sê Steenhuisen.
Hy sê ook dit is ondenkbaar dat die regering Suid-Afrikaners wil bykom met ʼn enorme styging in die brandstofprys en bestempel dit as die skop van mense wat reedsop hul knieë is.
https://twitter.com/jsteenhuisen/status/1529403960737648643/photo/1
“Suid-Afrikaners kan bloot nie bekostig om R25 per liter vir brandstof te betaal nie – en hulle moet ook nie,” sê Steenhuisen.
Die brandstofheffing is vroeër met R1,50 verminder, maar dié toegewing verval binnekort. Dit beteken ʼn prysskok soos min op verbruikers by vulstasies.
Die brandstofprys is een van die laaste oorblywende gereguleerde en sentraal beheerde verbruikers pryse. Steenhuisen sê egter dit word hopeloos oorbelas, met 33% van die koste per liter wat in die regerings se koffers gestort word. Hieraan moet ʼn einde gemaak word.
Die DA sê brandstof in Swaziland, Mosambiek, Botswana, Tanzanië, Namibië en Kenia is gemiddeld R5/liter goedkoper as hier – omdat hul regerings dit nie so swaar belas nie.
“Die Suid-Afrikaanse regering kan iets doen om die brandstofprys in Suid-Afrika te verlaag, maar hy kies om dit nie te doen nie.”
Die woordvoerder van die parlement het reeds ingestem tot die DA se versoek vir ʼn dringende debat oor stygings in die brandstofprys, asook maniere om die prys teverlaag.
Die DA maak ook verskeie voorstelle oor hoe daar ingegryp kan word. Dit sluit in:
Steenhuisen het ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om saam te werk om ʼn daling in die brandstofprys te help bewerkstellig sodat massa hongersnood en -lyding afgeweer kan word.
THANK YOU MAROELAMEDIA FOR THE ARTICLE
Contribute to your future, a Non Profit Organization and buy us a Coffee with 3 simple clicks and a minute of your time. Imagine what we can do together.
To thank you, we will call you personally.
This is the amount that will be distributed amongst the current shareholders.
Current Share Holders
89/500,000