Maroela Media het vroeër berig dat die96-jarige koningin in Februarie vanjaar amptelik die eerste Britse monarg geword het om sewe dekades lank te regeer nadat sy op 6 Februarie 1952 op25-jarige ouderdom die troon bestyg het ná die dood van haar pa, koning George VI.
Twee openbare vakansiedae is opsy gesit om ʼn vierdaagse naweek te skep vir landwye geleenthede wat haar bewind van 2 tot 5 Junie sal herdenk.
Suid-Afrikaanse gehore kan ook die jubileum-program op BBC Lifestyle (DStv-kanaal 174)volg, asook splinter nuwe dokumentêre én die koningin se kroning seremonie van1952.
Donderdag 2 Junie
In Brittanje word die koningin se verjaardag gewoonlik op die tweede Saterdag in Junie gevier met die Trooping of the Colour-plegtigheid en die uitreiking van haar verjaarsdag-eerbewyslys.
Meer as 1200 Britse soldate neem aan dié tradisionele seremonie deel en prins William, die hertog van Cambridge, is verlede week gewaar toe hy ʼn kleedrepetisie daarvoor in Londen gelei het.
ʼn Hoogtepunt van die geleentheid – wat meer as twee eeue terug dateer – is natuurlik die koninklike familie se verskyning op die balkon van Buckingham-paleis, om vir skares te waai en na die verby vlieg van militêre stralers te kyk.
Verskynings is vanjaar tot slegs werkende koninklikes beperk, wat beteken dat prins Andrew, die hertog van York, en prins Harry en Meghan Markle, die hertog en hertogin van Sussex, nie vanjaar op die balkon sal verskyn nie.
Meer as 2800 bakens sal ook by die paleis en oor die hele Verenigde Koninkryk aangesteek word, waaronder bo-op die land se vier hoogste pieke, asook op die Kanaaleilande, die eiland Man en Britse oorsese gebiede.
Vlammende huldeblyke sal ook in 54 Statebond-hoofstede oor vyf kontinente gesien word, van Tonga en Samoa in die Suid-Stille Oseaan tot Belize in die Karibiese Eilande.
Vrydag 3 Junie
ʼn Nasionale dankseggingsdiens vir die koningin se rekord bewind vind by Londen se St. Paul-katedraal plaas, wat ʼn seldsame lui van die Big Paul-klok sal insluit.
Big Paul, gegiet in 1882, is die grootste kerkklok in Brittanje. Sy meganisme het in die1970’s gebreek, maar dit is verlede jaar tot sy eertydse glorie herstel.
Dit is sedertdien nog net agt keer gelui, en nooit vir ʼn koninklike geleentheid nie.
Saterdag 4 Junie
Die koningin, ʼn ywerige aanhanger van perdewedrenne, sal na verwagting die Epsom Derby-perdewedren bywoon en daarna saam met 22 000 mense – onder wie 5 000 sleutelwerkers soos frontlinie medici – die BBC Platinum Party by Buckingham-paleis bywoon.
Kunstenaars soos Alicia Keys, Queen en Adam Lambert, Motown-legende Diana Ross, Britse ikoon Elton John en die Italiaanse tenoor Andrea Bocelli gaan die skare tydens die musikale extravaganza vermaak.
Dié konsert kan ook regstreeks op BBC Lifestyle gevolg word.
Sondag 5 Junie
Die koningin in haar kenmerkende goue koets. (Foto: royal.gov.uk)
Die Britse regering het aangekondig dat meer as 70 000 mense geregistreer het om jubileum-middagetes oor die land heen aan te bied, met 10 miljoen mense wat na verwagting kos en geselligheid met hul bure sal deel.
Meer as 600 middagetes is verder regdeur die Statebond, van Kanada tot Brasilië, Nieu-Seeland tot Japan en Suid-Afrika tot Switserland, beplan.
Die koningin sal ook in haar kenmerkende goue koets aan ʼn openbare parade deur sentraal-Londen deelneem en terug na Buckingham-paleis vervoer word.
ʼn Unieke musikale vertoning, waarby sowat 10 000 mense betrokke is, sal dan vertel hoedie Britse samelewing verander het sedert die koningin in 1952 tot die troon toegetree het.
Die Britse sanger Ed Sheeran sal die feesvieringe op ʼn hoë noot afsluit met die sing van die volkslied, “God Save the Queen”, buite Buckingham-paleis.
Contribute to your future, a Non Profit Organization and buy us a Coffee with 3 simple clicks and a minute of your time. Imagine what we can do together.
To thank you, we will call you personally.
This is the amount that will be distributed amongst the current shareholders.
Current Share Holders
89/500,000